top of page

Struktuur en Profiel van ons skool

Die skool akkomodeer 167 leerders in Grade RR tot 7. Daar is dus 'n gemiddeld van 20 leerders per klas. Daar is vir elke graad 'n onderwyseres en by die Graad RR klas ook 'n assistent.

440377003_1106554317451797_3724075431008

​
Hierdie onderrigsituasie, is seker een van die mees ideale onderrigsituasies in die land! Waar kry jy nog ‘n skool waar daar gemiddeld 20 leerders per klas is en die skoolfonds binne die ouers se vermoë is.

Die grootste bevrediging en beloning is dan ook om te sien hoe kinders hier ontluik en hoe die beste in elkeen na vore kom. Omdat die leerders so min is, kry elkeen meer as genoeg geleentheid om op elke terrein deel te neem en sy of haar talente te ontdek. Almal moet rugby, netbal, mini-krieket, krieket, hokkie en toutrek doen. Almal neem jaarliks deel aan die Eisteddfod en behaal uitstekende resultate in die kuns-, poësie-, prosa- en spreekkoorafdelings. Ons kinders sing koor en as daar konserte of talentaande is, neem almal deel.

Een van die beste bewyse van hul suksesse is die top tien prestasielyste by Hoërskool Swellendam waar Buffeljagsrivier se oud-leerders uitstaan!

​Ook op sportgebied presteer ons spanne uitstekend wanneer hulle teen ander skole, wat soms heelwat groter is deelneem. Ons Toutrekprestasies is ongeëwenaar en in 2024 wen ons weer 6 goues!

 

Ons leerders word in provinsiale spanne opgeneem en wys dat die Buffeltjies op enige vlak kan presteer!

Die Buffeltjies kom van die nabye omgewing en plaasgemeenskap, Swellendam, Suurbraak en Barrydale. Die skool besit twee groot busse, en een kleiner bussie waarmee leerders vervoer word.

bottom of page